GROENVYE KONSERF

GROENVYE KONSERF

Postby Sandra Saayman » 05 Jul 2012 15:33

Selma Alberts

1,5 kg groenvye
60 ml sout
2 liter water
2 handevol vyeblare


STROOP
2 kg suiker
3 liter water
2 stukkies vars gemmer - geskil
sap van 1 suurlemoen

Skraap die vye met 'n skerp mes.
Meng die sout en water en laat die vye oornag daarin lê.
Maak seker ál die vye is met die soutwater bedek.
Verhit 'n groot pot skoon water tot kookpunt.
Dreineer intussen die vye wat in die soutwater week en laat sak dit versigtig in die skoon kookwater.
Bedek met 'n dik laag vyeblare, dit dra by tot die geur en help behou die kleur.
Prut vir ongeveer 15 minute of tot die vye nét sag is.

Berei intussen die stroop.
Los die suiker in die water op en verhit stadig terwyl geroer word tot kookpunt.
Voeg die gemmer by.

Dreineer die vye en spoel goed af onder koue water.
Sny nou 'n diep kruisie aan die onderkant van elke vy.
Skep die sagte vye in die kokende stroop en laat prut vir ongeveer 1½ - 2 uur of tot die vye glansend en vol stroop is.
Skep in gesteriliseerde vlesse, voeg die suurlemoensap by die stroop en kook af tot dik.
Gooi in die flesse en verseël.
THANK GOD for what you have
TRUST GOD for what you need
Sandra Saayman
 
Posts: 7324
Joined: 08 Aug 2011 16:42

Return to VYEKONFYT

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 1 guest