MARTHA SE 3 BONE SLAAI

MARTHA SE 3 BONE SLAAI

Postby Sandra Saayman » 07 Jan 2012 07:42

Martha de Lange ‎

Hierdie is 'n eenvoudige wenner wat jy 'n aand of twee voor die tyd kan maak en vir 'n paar dae hou.

Ek gebruik.

1 blikkie botter bone
1 blikkie canellini bone
1 blikkie chickpeas
1 groen peper
1 rooi ui
grypie bruinsuiker
grypie vars knoffel
1 suurlemoen
grypie gemmer
vars pietersielie
grypie gerookte paprika
growwe sout en peper
½ koppie wyn asyn
½ koppie goeie olyf olie

Onthou jy kan eksperimenteer, jy kan lensies bygooi of ander bone.
Dreineer jou bone goed en spoel af.
Sny die ui in fyn ringe.
Sny jou groen peper in klein blokkies.
Rasper versigtig die suurlemoen se zest (buitekant van die skil alleenlik).
Gooi dit alles sowel as die sap van die suurlemoen, die knoffel en parika in 'n mengbak en meng goed.
Moenie die bone breek nie.
Voeg nou jou paprika, suiker, asyn, olyfolie en gemmer by.
Meng, proe, meng proe - jy soek 'n balans tussen suur, sout en soet.
Jy kannie kos berei sonder om te proe nie.
Ek brand my mond permanent van proe oor die potte!
Voeg sout en peper na smaak by en plaas in die yskas.
Net voor jy dit opdien, strooi jou vars petersielie en miskien nog so blerts olyfolie oor.
Hy moet maar bietjie staan om op sy lekkerste te wees.
Bedien saam met enige iets of net op sy eie.
THANK GOD for what you have
TRUST GOD for what you need
Sandra Saayman
 
Posts: 7333
Joined: 08 Aug 2011 16:42

Return to BONESLAAI (DROË BONE EN GROENBONE)

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 1 guest